|

Vr, 24 Sept 15:00, Sa 25 Sept 11:00
|
|
JAK DE PRIESTER - brood
Met Danny Smoke (Elektriese en akoestiese kitaar) en Lucas Heinen (keyboard en trekklavier).
| Musiek: Kontemporêre musiek, woordkuns en poësie |
| Gradering: |
Gesin |
| Datum en tyd: |
Vr 24 Sept 15:00, Sa 25 Sept 11:00 |
| Venue: |
Emnotweni Arena |
| Tydsduur: |
90 minute |
| Prys: |
R87 |
| Besprekings: |
Bespreek by Computicket of koop kaartjies by Innibos kantore |
Brood.
Brood is die titel van Jak de Priester se splinternuwe musiekproduksie, asook die vrystelling van sy eerste musiek-, poësie- en storieboek.
Lirieke van al sy liedjies, bladmusiek, stories, gedigte, animasie, fotografie en baie meer, vorm deel van dié koffietafelboek.
Hierdie unieke produksie saam met sy funky band bestaan uit fantastiese verwerkings van sy beste en nuutste materiaal, plus van sy nuutste poësie wat spesifiek vir die verhoog verwerk is.
Dis 'n rock en roll-woordkuns produksie! |